Your browser version is outdated. We recommend that you update your browser to the latest version.

3d Kompetisie 24,25,26 Maart 2023  Stuur aan aan mense wat ek vergeet het en wie julle graag hier wil he…

 

Dit is tyd vir die volgende 3d Kompetisiedie mense wat belangstel neem kennis verdere kommunikasie sal uitgestuur word.  Ons sal om en by dieselfde formaat hou as altyd met so een of twee dinge by.  Wenners van elke jaar sal die jaar ge handicap word.   Of laat ek so stel, swakker ouens sal bevoordeel word.????

 

Algemeen

Aankoms vanaf Donderdag indien julle belangstel om vroer te kom.  Kompetisie op die Vrydag  vir diegene wat nie Saterdag kan maak nie, en of gaan optree as amptenare die Saterdag op die amptelike kompetisie.  Ons benodig altyd hulp so as julle mense wil saambring wat kan help sal dit waardeer word.  Hulle hoef nie te betaal nie.

 

Toerusting:  Kom met wat jy wil soos jy sou jag.  Die doel van die oefening is om almal bloot te stel aan verskillende tipes van uitdagings in boogjag.  Daar is verskillende tipe skote wat gemaak moet word, sittend, kniel, staan.  Uit hides, hoog en laag. 

 Pryse vir die volgende

              Nagskiet

              Algehele kompetisie

              Langskoot

              Bring n ou CD saam as jy wil deelnaam aan CD (Trick) Shoot.  Een wat deur hom kan skiet op 30 meter wen 'n Datsun bakkie

 Die inskrywings koste is R 650.00 per persoon en sluit die volgende in: 

  • Verblyf van Donderdag aand to Sondag oggend. (Drie nagte)
  • Braai Vrydag aand, Ontbyt Saterdag oggend, Skaapbraai Saterdag aand , Ontbyt Sondag oggend.
  • Drinks hier en daar
  • Inskrywing vir die kompetisie. 

 Daar is teikens vir inskiet in en om die erf beskikbaar tot die oggend 06:00

Afstande is vanaf 1 meter to 30 meter met n lang skoot van 75 meter.

 

 Program Saterdag

 Nagskiet:

Pare kan solank uitskiet, vanaf Vrydag aand indien hulle daar is.  Wie nog nie geskiet het nie kan die Saterdag aand uitskiet tot ‘n wenner bepaal is.

Kompetisie:

Kompetisie begin 06:00 op die onderskeie dae , ons sal in ‘n groep of groepe afhangend van hoeveel ons is,  beweeg en deur die teikens gaan.  15 of 20 teikens.  Laasjaar was lank so ons gaan deurdruk en skiet nie breek vir middag ete nie.

Lang skoot

Die laaste skoot sal n lang skoot wees. 75 meter.

Trick Shot

Cd 30 meter

Geweer groepring

Daar n groepering kompetisie wees.  Drie rondtes, beste grouping wen, enige geweer, enige teleskoop, enige kaliber, enige rus. 160 meter.  Die moet verkieslik Vrydag oggend middag of aand gebeur, die oefening gaan meer aandag geniet die jaar en sal amptelik gereguleer word.

Geweer Spoed skiet

.22 red dot sight, 10 patrone in 15 sekondes, "gong" (20cm) op 50 meter.  Red dot site, almal skiet dieselfde geweer.  Laaste skoot as jy nog tyd oor het op kleiner "gong" (10cm) ook op 50 meter.  Bring asb vir ons ,22 rontes saam dan hoef ons nie te koop nie.

 

Na die skiet sal ons kuier in die kamp, en die res van die kompetisies afhandel.  Die skaapbraai sal dan al aan die gang wees.  Die jaar gaan daar actually mense kos maak ????   En almal op spoed bring, vir die prysuitdeling.   Soos altyd vra ons almal om extra pryse te bring iets kleins of groot wat jy geborg kan kry.  Dit sal soos altyd as pryse uitgedeel word.

Dan vir die wat kom skiet betaal asb vroegtydig ek wil nie op die laaste oomblik rondloop in die winkels en soek en sinnelose k.k koop nie.  Dit is in almal se belang dat ek genoeg tyd het om lekker pryse te koop.    Laaste betaling en inskrywing  10 dae voor die tyd.

 

As ek iets vergeet het laat asb weet.  Laat asb weet wie watter pryse kan reel.  En laat individueel weet of julle gaan bywoon.

 

Cheers


A.