Dit is tyd vir die volgende 3d Kompetisie. Dit gebeur 31 Maart to 2 April 2022 die mense wat belangstel kan registreer op die skakel, Ons sal om en by dieselfde formaat hou as altyd met so een of twee dinge by.
Algemeen
Aankoms vanaf Donderdag 31 Maart indien julle belangstel om vroer te kom. Kompetisie op die 2de, daar sal op die 1ste ook kompetisie wees vir mense wat nie Saterdag kan maak nie. Daar is steeds van die bokke wat uitgeskiet moet word. Indien iemand belangstel. Die wat wil jag moet laat weet, 2022 pryslys is onder tariewe. Ek sal die jag koordineer as ek op die plaas kom, ek is Dondardag aand al daar. Laat weet wie belangstel. Nie seker hoeveel mense ons kan inpas nie so die wat eerste antwoord mag dit doen. Geweer of Boog.
Toerusting: Kom met wat jy wil soos jy sou jag. Die doel van die oefening is om almal bloot te stel aan verskillende tipes van uitdagings in boogjag. Daar is verskillende tipe skote wat gemaak moet word, sittend, kniel, staan. Uit hides, hoog en laag.
Pryse vir die volgende
Nagskiet
Algehele kompetisie
Langskoot
“Trick” Skoot
Die inskrywings koste is R 650.00 per persoon en sluit die volgende in:
- Verblyf van Donderdag aand to Sondag oggend. (Drie nagte)
- Braai Vrydag aand, Ontbyt Saterdag oggend, Skaapbraai Saterdag aand , Ontbyt Sondag oggend.
- Drinks hier en daar
- Inskrywing vir die kompetisie.
Daar is teikens vir inskiet in en om die erf beskikbaar tot die oggend 08:00
Afstande is vanaf 1 meter to 26 meter met n lang skoot van 75 meter.
Program Saterdag
Nagskiet:
Pare kan solank uitskiet, vanaf Vrydag aand indien hulle daar is. Wie nog nie geskiet het nie kan die Saterdag aand uitskiet tot ‘n wenner bepaal is.
Kompetisie:
Kompetisie begin 09:00 op die onderskeie dae , ons sal in ‘n groep of groepe afhangend van hoeveel ons is, beweeg en deur die teikens gaan. 15 of 20 teikens.
Lang skoot
Die laaste skoot sal n lang skoot wees. 75 meter.
Trick Shot
Daar sal n trick shot wees, swaaiende bottel… oefen gerus as julle wil. Daar sal ook n ring wees wat hang as iemand dink hulle kan n pyl deur n ring druk. Een een skiet.
Geweer groepring
Daar n groepering kompetisie wees. Drie rondtes, beste grouping wen, enige geweer, enige teleskoop, enige kaliber, enige rus. 100 meter. Die moet verkieslik Vrydag oggend.
Geweer Spoed skiet
.22 red dot sight, 10 patrone in 15 sekondes, "gong" (20cm) op 50 meter. Red dot site, almal skiet dieselfde geweer. Laaste skoot as jy nog tyd oor het op kleiner "gong" (10cm) ook op 50 meter.
Na die skiet sal ons kuier in die kamp, en die res van die kompetisies afhandel. Die skaapbraai sal dan al aan die gang wees. En almal op spoed bring, vir die prysuitdeling. Soos altyd vra ons almal om extra pryse te bring iets kleins of groot wat jy geborg kan kry. Dit sal soos altyd as pryse uitgedeel word.
Dan vir die wat kom skiet betaal asb vroegtydig ek wil nie op die laaste oomblik rondloop in die winkels en soek en sinnelose k.k koop nie. Dit is in almal se belang dat ek genoeg tyd het om lekker pryse te koop. Laaste betaling en inskrywing 15 Maart.
As ek iets vergeet het laat asb weet. Laat asb weet wie watter pryse kan reel. Registreer hier.
A.
